Diocese of Keimoes-Upington

Bisdom van Keimoes-Upington

Map & History of the Diocese

Patrons: The Immaculate Conception & St. Francis de Sales

www.catholic-keimoes.org.za

omikeimoes@telkomsa.net

Suffragan Diocese of the Province of Bloemfontein - Republic of South Africa

 [Home] [Welcome] [Map & History of the Diocese] [Administration] [Necrology] [Diary] [Schools] [Parishes] [Clergy] [Days of Prayer, Collections, etc.]

[Bishop's Coat of Arms & Photo] [Institutions & Religious Houses]

On the invitation of Bishop Leonard of Cape Town (1872-1908), the Fathers of the African Missions of Lyons, SMA, sent Father Gaudeul and Brother George to minister in the Northern part of the Cape. Father Gaudeul and Brother George took up residence at Springbok in 1872. In 1873 Father Gaudeul started a mission at a nearby mine, but when after one year the mine was closed, he returned to Springbok.

In 1874 the Apostolic Prefecture of the Central District was separated from the Vicariate of the Cape of Good Hope – the whole territory from Mossel Bay and George in the south, to the Orange River in the north. This became the responsibility of the SMA who commenced with 13 missionaries. Father Gaudeul and Brother George left Springbok and took up residence at Pella on land abandoned by the Rhenish Mission. Permission to stay on the land was granted by the Cape Government.

After struggling for ten years, it became clear that due to a shortage of staff, Father Gaudeul and Brother George could not continue. In 1880 the SMA decided to return responsibility of the Prefecture to the Apostolic Vicariate of the Cape of Good Hope.

In 1880 Bishop Leonard travelled to France and approached Father Louis Brisson, founder of the Oblates of St. Francis de Sales, OSFS, to send missionaries to the area vacated by the SMA.

The Missions of Namaqualand came under the care of the Oblates of St Francis de Sales in 1882. In 1884 the territory was established as a separate Prefecture Apostolic, and in 1898 it became known as the Orange River Vicariate. In 1898 Father Jean Marie Simon, OSFS, saintly pioneer, was consecrated as bishop of the territory. In 1940 the name of the Vicariate was changed to the Keimoes Vicariate.

On the establishment of the Ecclesiastical Hierarchy in South Africa on 11 January 1951, the name of the Vicariate was changed to the Diocese of Keimoes. Canonical possession of the new See was taken on 10 July 1951.

The borders of the Diocese are: the Atlantic Ocean in the West, Namibia and the Republic of Botswana in the North, the eastern part of Gordonia and Kenhardt districts in the East, and the southern border of Vanrhynsdorp, Prieska, Kenhardt, Williston and Calvinia-districts in the South. In 1985 the name of the Diocese was changed to the Diocese of Keimoes-Upington by the Sacred Congregation de Propaganda Fide .

 

 Area: 272 265 sq. km.

 Total Population: 387’582

 Catholic Population: 70’794

 

PREDECESSORS:

Rt. Rev. Bishop Jean Marie Simon OSFS, Titular Bishop of Thaumacos. Ordained on the 21st of September 1898. Died on the 21st of November 1932.

Rt. Rev. Bishop Odilon Fages OSFS, Titular Bishop of Mulia. Ordained on the 30th of September 1928. Died on the 14th of October 1939.

Rt. Rev. Bishop Henry Thünemann OSFS. Ordained on the 3rd of October 1940. Resigned due to ill-health on the 12th of September 1962, and named Titular Bishop of Coridala. Appointed Assistant at the Papal Throne on the 16th of May 1965. Died on the 18th of August 1965.

Rt. Rev. Bishop Francis Esser OSFS. Ordained on the 30th of March 1949 – Vicar Apostolic of Keetmanshoop. Appointed Co-Adjutor to ailing Bishop Thünemann 1956; succeeded Bishop Thünemann – 12 September 1962. Died on the 8th of December 1966.

Rt. Rev. Bishop John Baptist Minder OSFS. Appointed on the 12th of October 1967 and Ordained on the 10th of January 1968. Resignation accepted on the 5th of July 2000. Died 13 August 2009.

 

 

200 JAAR

In Suider-Afrika Bestaan die Katolieke Kerk 200 Jaar

 

Tot 1795 was dit volgens die Verdrag van Wesfale vir Katolieke verbode om enige dienste, en veral die Heilige Mis, in die openbaar te vier. Kort na die Franse Revolusie het ’n nuwe bedeling egter aan die bewind gekom en het die aantal Katolieke aan die Kaap begin toeneem, veral onder die matrose en soldate wat daar gestasioneer was. Toe die Kaap in 1806 deel word van die Britse Ryk, was die Katolieke Kerk en geloof in Engeland self nog verbode. Maar die situasie het steeds verbeter en in 1827 het die Katolieke Kerk in Engeland en in die Ryk haar vryheid gekry.

 

Reeds in 1818 het die Heilige Stoel die eerste Biskop vir Suider-Afrika benoem en aangestel. Hy was Dom Edward Bede Slater, ’n Benediktyn. As Apostoliese Vikaris was hy die verteenwoordiger van die Pous. Maar omdat hy volgens Engelse wet nie aan die Kaap kon aanbly nie, stel hy ’n Vr. Scully daar as sy Vikaris aan om die Katolieke sake te behartig en gaan vestig hy hom op Mauritius. Hierdie situasie het voortgeduur tot in 1837 toe die Dominikaan, Biskop Patrick Raymond Griffith, as eerste Apostoliese Vikaris van die Kaap van Goeie Hoop aangestel is.

 

In 1847 is nog ’n Apostoliese Vikaris benoem, Biskop Aidan Devereux, wat verantwoordelik was vir die Oos-Kaap. En hierop volg daar in 1852 die benoeming van ’n derde Apostoliese Vikaris, Biskop Jean-François-Marie Allard, ’n Oblaat van die Onbevlekte Maagd Maria (OMI). Die gebied onder sy gesag het, met insluiting van die hedendaagse Transkei en KwaZulu-Natal, gestrek tot by Mosambiek en die Zambeziriver in die noorde en tot by die Langeberge tussen Kimberley en Upington in die weste. Uiteindelik is daar in 1873 ’n vierde gebied gevestig wat die huidige bisdomme van Oudtshoorn en Keimoes-Upington ingesluit het, vanaf Mosselbaai in die suide tot by die Oranjerivier in die noorde en die Langeberge in die ooste.

 

UITBREIDEING: Van die bediening van bestaande Katolieke tot evangelisering van die inheemse bevolking

 

Biskop Devereux het die Heilige Stoel in 1847 gevra om sendelinge te stuur vir die groot aantal inheemse volke in die gebied wat vandag die Transkei, Zoeloeland, Lesotho en die streek verder noordwaarts tot by die Zambezirivier insluit. Die Oblate van die Onbevlekte Maagd Maria gee in 1850 gehoor aan hierdie versoek, en in 1852 stuur hulle Biskop Allard en sy metgeselle na Suid-Afrika. Die aankoms van die OMI het ’n belangrike oorgang ingelui: waar die Kerk tot op daardie stadium hoofsaaklik op die geestelike welsyn van bestaande lidmate gefokus het, reik sy nou as sendingkerk uit om die Evangelie aan die inheemse bevolking te verkondig.

 

Biskop Griffith se opvolger as Apostoliese Vikaris van die Kaap van Goeie Hoop, Biskop Grimley, het die Heilige Stoel in 1871 gevra om ’n sendingkongregasie aan te stel om die inheemse volke noord van die Wes- en Oos-Kaap te evangeliseer. Dit was ’n uitnodiging om verder uit te reik as net die verstrooide Katolieke in die suidelike dele van die Kaap, d.w.s. na die uitgestrekte gebied wat deur die Khoisan, die Koranas en die Griekwas bewoon is en waar Protestantse sendelinge teen daardie tyd al omtrent ’n kwarteeu werksaam was. Die Kongregasie van die Heilige Gees (die Spirityne) is eerste in hierdie verband genader. Maar uitendelik is daar besluit op die Sendelinge van Lyon, wat vandag bekend staan as die Genootskap vir Afrikasendings – in Engels die Society of African Missions (SMA).

 

SPRINGBOK en die ontstaan van ons Bisdom Keimoes-Upington

 

Die eerste Katolieke priesters wat Biskop Grimley in Springbok aangestel het, was Vr. Meagher in 1861-2 en Vr. Quaid in 1863. Hy laat die eerste kerk daar bou, gewy aan St. Columbanus. En gereeld elke twee jaar besoek hy self die gebied, insluitend Hondeklipbaai en die gevangeniskamp tussen Buffelsrivier en Spektakel. Tydens sy derde besoek in 1869 het Biskop Grimley ook by Port Nolloth aangegaan. En volgens sy dagboek was die aantal Katolieke wat op daardie stadium in hierdie wye gebied gewoon het, ongeveer 100 siele.

 

As die eerste sendingkongregasie wat aangestel is om evangelisering in hierdie streek te onderneem, het die Sendelinge van Lyon aanvanklik dertien priesters en broeders tussen Mosselbaai in die suide en die Oranjerivier in die noorde ontplooi. Vr. Ange Gaudeul en Vr. Jacques Pasquereau het in Augustus 1873 in die land aangekom en hulle op Springbok gevestig. Maar kort daarna verskuif hulle op uitnodiging van ’n Katolieke boer, mnr. Hayes, na Pella.

 

In ’n brief wat Vr. Gaudeul aan sy owerste-generaal Vr. Planque geskryf het, sit hy die situasie as volg uiteen: “Ons het Springbok baie anders gevind as wat ons op grond van Biskop Grimley se verslae te wagte was. Dit het inderdaad baie verander sedert sy laaste besoek in 1869. Daar is ’n aantal Katolieke gesinne, en vier of vyf van hulle is ryk en het invloed in die gemeenskap. Slegs een van die boere is Katoliek, ’n mnr. Hayes; hy en sy vrou en nege kinders. Hy woon tans agt myl van Springbok af, maar oor ’n maand gaan hy sy tent afslaan en na die Boesmanland terugkeer, na die omgewing van Pella.” Dan “kan ons saam met hom gaan om die area te gaan bekyk. Hy ken die plek waar Biskop Grimley die sendingstasie wou vestig.”

 

Met die aanvang van hul werksaamhede in Suid-Afrika het die Sendelinge van Lyon nie net pastorale verantwoordelikhede op gevestigde plekke soos George, Mosselbaai, Beaufort-Wes, Oudtshoorn en Springbok aanvaar nie. Omdat dit hul doelwit was om die mense tussen die Olifants- en Oranjerivier te evangeliseer, het hulle hulle ook daarvoor beywer om die Katolieke sending op nuwe plekke soos in die geval van Pella te vestig.

 

DIE AANKOMS VAN DIE OBLATE VAN ST. FRANS VAN SALES

 

Toe Vr. Jean-Marie Simon van die Oblate van St. Frans van Sales in 1882 op Pella aankom, het hy nog vir Vr. Gaudeul en ’n Broeder George van die Sendelinge van Lyon daar aangetref. Dié twee moes egter kort na hierdie ontmoeting terugkeer na Lyon. En Vr. Gaudeul is vervolgens aangestel as Apostoliese Proprefek van die Goudkus (die hedendaagse Ghana), waar hy vyf jaar later in 1887 tragies aan malaria sterf.

 

In sy boek oor die vestiging van die Katolieke Kerk in Suider-Afrika, skryf Vr. Brown dat daar geen werklike rekord van Vr. Gaudeul se lewe en werk bestaan nie. Maar danksy aantekening wat Vr. Simon oor hom gemaak het, het die volgende gegewens wel behoue gebly: Vr. Gaudeul het in apostoliese armoede geleef. Sy klein biblioteek het die Bybel, werke van Aquino en Liguori, asook kategismusboeke in Engels en Nederlands ingesluit. Hy kon met gemak Engels en Nederlands praat en was in kontak met omtrent twee dosyn Katolieke gesinne in die Boesmanland. En op Pella het hy ’n klein skooltjie gestig.

 

VIERING VAN 200 JAAR

 

Die Biskoppe van die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie (SAKBK) kom aan die einde van hierdie maand in Pretoria byeen vir hul volgende voltallige vergadering. Dan sal hulle op Sondag, 28 Januarie, saam met die Gautengse en omliggende bisdomme die 200ste bestaansjaar van die Katolieke Kerk in Suid-Afrika herdenk.

 

Op Sondag, 4 Februarie, gaan daar by alle parogieë en buitestasies in die bisdomme van die SAKBK ’n spesiale Heilige Mis opgedra word. Spesiale Mistekste sal beskikbaar wees met die voorlesings van Onse Liewe Vrou van die Vlug na Egipte, wat die beskermheilige is van die twee oudste bisdomme in ons land, nl. Kaapstad en Port Elizabeth. En uiteindelik gaan daar op Sondag, 24 Junie, ’n nasionale fees in die Kaap gehou word.

 

In ons eie bisdom gaan daar ook deur die loop van hierdie jaar by alle parogieë en buitestasies elke Sondag tydens die Heilige Mis kerse aangesteek en ’n spesiale gebed gedoen word ter viering van hierdie belangrike mylpaal in die geskiedenis van die Katolieke Kerk in Suid-Afrika.

 

 

[Home] [Welcome] [Map & History of the Diocese] [Administration] [Necrology] [Diary] [Schools] [Parishes] [Clergy] [Days of Prayer, Collections, etc.]

[Bishop's Coat of Arms & Photo] [Institutions & Religious Houses]

This site is best viewed in 1024 x 768 pixels